Item request has been placed! ×
Item request cannot be made. ×
loading  Processing Request

’n Vergelykende studie oor kennis en persepsies van radioaktiwiteit

Item request has been placed! ×
Item request cannot be made. ×
loading   Processing Request
  • معلومة اضافية
    • بيانات النشر:
      South African Journal of Science and Technology, 2014.
    • الموضوع:
      2014
    • نبذة مختصرة :
      Hierdie verkennende studie is gedoen om vas te stel hoe die kennis en persepsies oor radioaktiwiteit van drie groepe voorgraadse onderwysstudente vergelyk met die van kundiges op die gebied. Die eerste groep verteenwoordig studente wat beskik oor feitelike kennis van radioaktiwiteit, omdat hulle daarin onderrig is. Die tweede groep verteenwoordig studente met 'n baie beperkte kennis van die onderwerp en die laaste is 'n groep studente wat slegs terloops met die onderwerp kennis gemaak het en geen formele onderrig daarin ontvang het nie. Die laaste groep is vergelykbaar met die grootste deel van die algemene publiek. Omdat die deelnemers aan die studie vrae moes beantwoord wat hulle besluite laat neem en redes gee, gebaseer op hulle kennis van die onderwerp, is die antwoorde van kundiges gebruik om die deelnemers se antwoorde teen te meet. 'n Nie-ekwivalente ex post facto-groepontwerp is gebruik. Die hipotese dat feitelike inligting die publiek se mening oor sekere aspekte van radioaktiwiteit vorm, is ondersoek. Kwantitatiewe data wat deur geslote vrae in 'n Lickertskaal-vraelys versamel is, is geanaliseer en het statisties beduidende verskille tusssen die kennisbasis van die respondentgroepe getoon. Die kwalitatiewe data van die studie is verkry deur gemotiveerde antwoorde in die Lickertskaal-vraelys. Hieruit is dit duidelik dat die opinies van studente wat meer feitlike blootstelling aan radioaktiwiteit gehad het, die beste vergelyk met die van kundiges in gevalle waar die persepsies 'n direkte uitvloeisel is van die vlak van kennis wat 'n persoon oor die onderwerp het. Waar situasies ingesluit is wat verband hou met gesondheid en die omgewing, veiligheid en risiko, is die persepsies egter baie uiteenlopend en kan daar nie uitspraak gelewer word oor die invloed van kennis op persepsies nie. A comparative study on knowledge and perceptions of radioactivity. This explanatory study was done to get an understanding of how three groups of preservice teachers' knowledge and perceptions of radiation compare to that of experts. The first group consists of students with factual radiation knowledge, due to their training. The second group is students with limited knowledge and the third group students with no official training in this area. The last group represented ordinary citizens. Experts were used as 'yard stick' as the participants had to answer questions where decisions and reasons had to be presented based on their knowledge. A non-equivalent ex post facto group design was used. The hypothesis that factual information shapes citizens' decisions on certain aspects of radiation was investigated. The quantitative data collected via closed-ended questions in a Lickert questionnaire, was analysed and statistically significant differences were indicated. The qualitative data was collected as open-ended responses to the Lickert questionnaire. As expected the students with more factual knowledge compared most favourable with that of the experts where perceptions are directly related to formal education. However, this premise of knowledge was not found with regard to perceptions of health, environment, safety and risk due to a diversity of applications.
    • ISSN:
      2222-4173
      0254-3486
    • Rights:
      OPEN
    • الرقم المعرف:
      edsair.doi.dedup.....1e1941a07132ce263643fd0f551d35b7